background-image

My agtergrond


Dr Jeanien Marx


My naam is Jeanien Marx. Ek besit my eie praktyk sedert 2008.


Tydens my onderwysloopbaan het ek funksionele- en spel terapie begin bestudeer. 'n Meesters en doktorsgraad in Pastorale berading aan die Noord-Wes universiteit het gevolg.


Ek het uitgebreide ervaring en kennis van kinders se ontwikkeling, gedrag, emosionele en fisiese probleme. Mettertyd het volwassenes ook kliënte in my spreekkamer geword.


Pastorale berading


Pastorale beraders is professionele mense wat individue help om geestelike en funksionerings probleme te hanteer. Soms is die hulp kort en doelgerig, terwyl ander situasies verlengde ondersteuning vereis.


Berading is beskikbaar vir:


  • Innerlike konflik
  • Rousmart
  • Kinders (en hul ouers)
  • Verhoudings en huwelik vraagstukke
  • Na trauma
  • Geestelike groei

Aanlyn hulp. Kan dit werk?


Studies het getoon dat aanlyn terapie net so effektief as aangesig-tot-aangesig-terapie kan wees. Daar is geen wagkamers nie en die kliënt hoef nie na 'n kantoor te reis of tyd by die werk af te vra nie. Dit kan enige tyd gedoen word en is koste effektief.


Dit is selde te vroeg of te laat om hulp te kry.