Alle mense neem tyd om 'n onaangename ondervinding te verwerk of te oordink. Deur te praat kan volwassenes gehelp word om slegte herinneringe, na verlies of trauma, mettertyd te verwerk.
Kinders kan nie voor 11 jaar gebeure abstrak verwerk nie. Speelgoed is dus die woorde en spel die taal waarmee die kind sin uit die wêreld maak.
Die Skepper het kinders só gemaak – al wat ons moet doen, is om hulle die geleentheid te gee om dit te kan doen… m.a.w. om hulle toe te laat om deur spel, met die hulp van 'n berader of terapeut, hul emosies en probleme konkreet te verwerk.